OUR STORY

Hello, ek is Karla

die trotse eienaar en stigter van Flink.

Ontwerp was nog altyd my passie en ek het van ‘n jong ouderdom af gedroom om eendag my eie besigheid te begin. Hierdie droom het in die begin van 2018 ‘n realiteit geword. Na baie ure se wakker lê, navorsing, eposse, sweet en trane het Flink op 21 Mei 2018 die lig gesien. Sonder fininasiële hulp, min ervaring en kennis het my droom begin. Met baie waagmoed, entoesiasme en ondersteuning kan ek nou daagliks my passie uitleef.

Iemand het eendag gesê ‘Kies ‘n werk waarvoor jy lief is en jy sal nooit weer ‘n dag in jou lewe hoef te werk nie’.

Mede Flinkers, moenie bang wees nie. Waag die kans. Sê jou sê en onthou wees ‘n lekker mens.

Groete en liefde
Karla Swanepoel x

Flink is a minimalistic yet sophisticated online shop that was established in 2018, here we take pride in the beautiful things that life has to offer. Flink is not just another online shop, but one that strives towards hard work and dedication. All designs are influenced by the Afrikaans heritage and have a soft, calm, but playful aspect to it. This platform celebrates the gift of craftsmanship and brings old-fashioned techniques to life.

Life is about making memories, so be your fabulous self in one of our t-shirts.


Flink vier kreatiwiteit in verskillende vorme en streef daarna om mense bewus te maak van die alledaagse mooi in die lewe. Hier vier ons die gawe van handwerk en word outydse tegnieke weer lewendig. Die reeks word geïnspireer deur ons unieke Afrikaanse taal; sommige woorde kan mens tog net in jou moedertaal sê.

As jy trots is op jou Afrikaanse taal en daarmee wil pronk is Flink jou antwoord.

–  die flink span.


Video deur Afrivriendelik.