Back to top

Karla Swanepoel

die trotse eienaar en stigter van Flink.

Ontwerp was nog altyd my passie en ek het van ‘n jong ouderdom af gedroom om eendag my eie besigheid te begin. Hierdie droom het in die begin van 2018 ‘n realiteit geword. Na baie ure se wakker lê, navorsing, eposse, sweet en trane het Flink op 21 Mei 2018 die lig gesien. Sonder fininasiële hulp, min ervaring en kennis het my droom begin. Met baie waagmoed, entoesiasme en ondersteuning kan ek nou daagliks my passie uitleef. Iemand het eendag gesê ‘Kies ‘n werk waarvoor jy lief is en jy sal nooit weer ‘n dag in jou lewe hoef te werk nie’. Mede Flinkers, moenie bang wees nie. Waag die kans. Sê jou sê en onthou wees ‘n lekker mens. Groete en liefde Karla Swanepoel x

Karla Swanepoel Stigter & eienaar

Flink vier kreatiwiteit in verskillende vorme en streef daarna om mense bewus te maak van die alledaagse mooi in die lewe. Hier vier ons die gawe van handwerk en word outydse tegnieke weer lewendig. Die reeks word geïnspireer deur ons unieke Afrikaanse taal; sommige woorde kan mens tog net in jou moedertaal sê. As jy trots is op jou Afrikaanse taal en daarmee wil pronk is Flink jou antwoord.– die flink span.

Sonvanger shoot.

11 November 2018

Meisiekind shoot.

28 Julie 2019

Sorgeloos shoot.

6 Oktober 2019

Flink kliënte.

Wat sê hulle als.

Hi Flink! Ek het begin laasjaar twee hemde gekoop, en ek wil regtig net baie dankie se vir bitterlike goeie en vriendelike diens. Die hemde is van my gunsteling goed in my kas, en hulle lyk glad nie uitgedra of vaal nie. Baie dankie vir vrek sagte kwaliteit klere.

Gretha van Staden Client

Beste diens vir’n lekker, eg Suid-Afrikaanse produk. Mooiste verpakking net om dit ekstra spesiaal te maak.

Anri Tolmie Client

Die bestelling was vir my suster vir haar verjaarsdag en sy love dit ! Dis nou al haar 3de hemp so jul het beslis amazing klere. Hou so aan!

Frans-Pieter Client

Fantastiese diens en die hempies is top klas. Ek geniet my koekeloer hempie vreeslik en dit is altyd aangenaam om iets te bestel by Flink!

Sonika Coetzee Client

Hempie is net so mooi in werklikheid soos op die foto. Diens was uitstekend en kwaliteit van hempie is besonders.

Anjulie Kruger Client

Perfek ! Lekker lang moue en sit lekker hugging om die lyf. Kan nie wag vir winter om dit te dra nie ! Dankie, dankie Flink xx

Marne Matthee Client

WOW! Ek is absoluut MAL oor my Flink hempie. Dankie vir julle goeie diens en goeie kwaliteit produk. Flink julle is flink!

Bianca le Roux Client

Wat ‘n lekker ervaring om by Flink te koop. Ek is mal oor my koekeloer hempie. Die diens was SO vriendelik, die kwaliteit is fantasties en die details is so mooi. Dankie xx

Angelique Potgieter Client

X